DOEL VAN DIE REEKS?Die gemeente van Caledon-Wes leef vanuit die belofte dat ons God se saailand is. Hy roep ons om vrugbare grond te wees waarin die Saad (Christus) kan groei.
Daarom wil ons as gemeente deurlopend daarna soek om te groei in ons verhouding met God. In hierdie vyf weke reeks, met die tema: “God wat Roep” kyk ons na verskillende roepingsverhale in die Bybel. Ons gaan saam nadink oor wat dit beteken om persoonlik deur God geroep te wees en as geroepenes saam deel te wees van God se “besig wees” met ons wêreld. |
KLEINGROEPE EN OPLEIDING:
Deel van hierdie reis is die geleentheid om deel te raak van 'n kleingroep vir 5 weke, waarin ons saam gesels oor die week se preek en teksgedeelte(s) met die hulp van 'n boekie. Jy kan deel raak van 'n bestaande groep of 'n nuwe kleingroep vorm saam met jou vriende. Hierdie boekie begelei jou ook met daaglikste stiltetye, sowel as 'n familie geleentheid een maal per week om as gesin saam te gesels rondom die Woord.
|
Om uit te vind waar jy deel kan word van 'n kleingroep of om jou eie kleingroep se skakelpersoon te wees, kontak gerus ons kleingroep koördineerder - Fana de Wet (083 274 9299). Die skakelpersone het Donderdag 17 Augustus om 18:00 bymekaargekom vir 'n opleidingsessie om hulle te bemagtig om kleingroepies te fasiliteer. Voortdurende opleidingsessies word Sondae oggende voor die diens gehou om 08:30.
|
Hier is 'n lys van die Skakelpersone:
Kontak Fana de Wet indien jy by 'n groep wil inskakel |
Ons kommunikasie gaan ook via Whatsapp uitgaan, so as jy boodskappe wil ontvang, stoor Caledon Wes Gemeente as 'n contact op jou foon met die nommer 078 510 2575. Stuur dan jou naam en van op Whatsapp om boodskappe te begin ontvang.
Preke word opgeneem en op die webwerf geplaas. Gaan na ons preke blad om die nuutste preke te luister.
Volg ons gemeente se Facebookblad vir die nuutste nuus oor die preekreeks
|
CAPPUCCINOSDaar is niks so lekker soos 'n koppie warm Cappuccino op 'n Sondagoggend nie.
Kom geniet jou bederf vanaf 08:30 voor die erediens vir die volgende 5 weke van die preekreeks. |
BOU 'N BURGER FEESAan die einde van die preekreeks hou ons 'n Fees saam met die hele gemeente die 17de September na die erediens. Kom kuier saam almal wat die reeks gevolg het.
|